Kragtens die bepalings van die Munisipale Wet op Eiendomsbelasting, Wet 6 van 2004, moet die Munisipaliteit ingevolge Regulasie 78 jaarliks ‘n algemene waardasie van eiendomme uitvoer weens moontlike veranderinge in bepaalde eiendomme soos vervat in die artikels van Regulasie 78.
Alle eienaars wie kennisgewings insake aanvullende waardasies per epos ontvang, word versoek om te verseker dat hul adresbesonderhede opdateer word, ten einde te verseker dat kennisgewings in terme van die voorskrifte van die Wet, of alternatiewelik, dat u daarteen wil appelleer.
Beswaarvorms kan by die plaaslike Munisipale kantore aangevra word. Volledig voltooide vorms moet die munisipale kantore voor of op 28 Augustus 2020 bereik. Die aanvullende waardasierol is beskikbaar vir besigtiging by die biblioteke in Clanwilliam, Citrusdal, Graafwater, Lambertsbaai en Elandsbaai.
Kennisgewings met betrekking tot waardasie –aangeleenthede sal van tyd tot tyd ook in die plaaslike media asook op die munisipale webwerf by www.cederbergmun.gov.za bekend gemaak word, en belastingbetalers word derhalwe versoek om hul daarvan te vergewis.
Navrae kan gerig word aan Mnr Stanley Van Rooyen by 027 482 8000 of per epos aan stanleyv@cederbergraad.co.za.
H SLIMMERT
MUNISIPALE BESTUURDER