CITRUSDAL INWONERS
OPENBARE KONSULTASIE SESSIES
KONSEP 4DE GENERASIE GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) 2018 -2019 EN KONSEP BEGROTING 2018/19
Kennisgewing geskied hiermee ingevolge Artikel 29(1)(b) van die Wet op Munisipale Stelsels (Wet 32 van 2000) dat openbare Konsultasie Sessies gedurende April en Mei 2018 gehou sal word om publieke insette te verkry vir die Konsep 4de Generasie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2018-2019 en Konsep Begroting 2018/2019.
Neem kennis dat daar nie`n formele vergadering gehou sal word nie, maar direkte gesprekke met amptenare om u navrae,insette, voorstelle of klagtes in te handig op 16 April 2018 om 16:00 – 19:00 by die Vicky Zimri Gemeenskapsaal.
Enige navrae kan gerig word aan Dmitri Frantz by (027) 482 8000.
Last published 13 April 2018