Thu
Thu
Thu
Thu

Cederberg

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Clanwilliam

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Citrusdal

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Lamberts bay

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Elands bay

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Graafwater

Thursday°C

Important numbers

Police027 482 8181/ 10111
Hospital027 482 2166
Fire027 482 1775
Municipality027 482 8000 /027 482 8016
Water027 482 8000 /082 889 8202
Electricity027 482 8000 / 082 907 9494
Traffic027 482 8000 /16
Refuse027 482 8000
Hide -
Home Contact usShow

Weather

Cederberg
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Clanwilliam
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Citrusdal
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Lamberts bay
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Elands bay
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Graafwater
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Important numbers

Police 027 482 8181/ 10111
Hospital 027 482 2166
Fire 027 482 1775
Municipality 027 482 8000 /027 482 8016
Water 027 482 8000 /082 889 8202
Electricity 027 482 8000 / 082 907 9494
Traffic 027 482 8000 /16
Refuse 027 482 8000
08 January 2021

GESAMENTLIKE DRINGENDE PERSVERKLARING VAN UITVOERENDE BURGEMEESTER EN MUNISIPALE BESTUURDER : COVID-19 EIS TOL IN GEMEENSKAPPE

GESAMENTLIKE DRINGENDE PERSVERKLARING VAN UITVOERENDE BURGEMEESTER EN MUNISIPALE BESTUURDER :  COVID-19 EIS TOL IN GEMEENSKAPPE

VIR ONMIDDELIKE UITSENDING

8 Januarie 2021

Elke inwoner in die Cederberg munisipale gebied het sekerlik al ‘n vriend of kennis verloor wat aan die Corona virus gesterf het.   Hierdie pandemie is nie meer net iets daar ver wat die wêreld getref het nie.  Dit is nou ‘n gevaar wat gesinne binne in ons binnekring bedreig.   Die persone wat COVID-19 opdoen en daaraan sterf, is nie meer net statistieke of ouer mense nie, maar is mense (ook jong mense) wie ons ken en vir wie ons lief is. 

Die gesondheid en veiligheid van Cederberg gemeenskappe oor ‘n uitgebreide gebied is van die allergrootste belang vir Cederberg Munisipaliteit.  Sedert die afkondiging van die nasionale ramptoestand om die verspreiding van die COVID-19 virus te beperk, het die Munisipaliteit alles in die stryd gewerp ons gemeenskappe te beskerm. 

Nou het dit egter tyd geraak dat ELKE INWONER dringend gehoor moet gee aan al die voorsorgmaatreëls om te verseker dat hy of sy self of sy/haar geliefdes voldoende teen die virus beskerm word.  Die Munisipaliteit kan nie mense beskerm wat nie gehoor gee aan die voorsorgmaatreëls nie.  Dit is egter die Munisipaliteit se taak om toe te sien dat teen roekelose mense, wie die lewens van ander inwoners in gevaar stel, opgetree word.   Vir hierdie rede sal die Munisipaliteit, in samewerking met die Polisie, baie streng optree teen roekelose mense wat nie maskers dra in die openbaar nie, wat nie sosiale afstand hou nie, wat steeds partytjies hou/toelaat en wie tussen 21:00 en 06:00 in die strate is (behalwe vir noodgevalle).

Die oortreding van die inperkingsmaatreëls is ‘n kriminele oortreding.  Neem asseblief kennis dat die volgende boetes uitgereik SAL word aan oortreders van die inperkingsmaatreëls (en dat oortreders selfs in hegtenis geneem kan word):

  • Versuim om masker te dra in die openbaar               R1000 - 00
  • Versuim om opdrag uit te voer vanaf ‘n wetstoepassingsbeampte om ‘n masker te dra     R1000 - 00
  • Versuim om tussen 21:00 en 06:00 tuis te bly         R1500 - 00
  • Vervoer van enige alkohol                                          R1000 – 00

 

Die handelslisensies/ dranklisensies van restaurante, shebeens en ander plekke wat die inperkingsmaatreëls oorskry en toelaat dat publiek op hul persele kuier sonder die nodige voorsorgmaatreëls en binne die toegelate riglyne, se lisensies SAL teruggetrek word en die eienaars/ bestuurders sal in hegtenis geneem word.

Hierdie virus wis gesinne uit en kan nie mee gespeel word nie.  Dit is nou ELKE INWONER se plig en verantwoordelikheid om alle vereistes na te kom om homself, sy gesin en sy geliefdes te beskerm.  Diegene wat nie wil hoor nie en ander mense se lewens in gevaar stel deur hulle nie aan voorsorgmaatreëls te steur nie, sal beslis die gevolge daarvan moet dra.

Die samwerking van ELKE INWONER is noodsaaklik en word op prys gestel.  Rapporteer asseblief enige oortredings van inperkingsmaatreëls by die SAPS om te verseker dat u en u geliefdes beskerm word.

 

H SLIMMERT

MUNISIPALE BESTUURDER

2021.01.08

Last published 08 January 2021