Vandag het die spanlede van “The Sanitary Project” begin met hul eerste oorhandiging aan twee skole binne Wyk 3 Clanwilliam. Die projek skenk sanitêre pakkies aan skole binne Wyk 3 Clanwilliam, waarvan die sanitêre pakkies die items van sanitêre doekies, seep en `n waslap bevat.
Die eerste oorhandiging was aan Clanwilliam Sekondêre -en Sederberg Primêre Skool waar daar 23 pakkies aan elke skool geskenk is. Die pakkies sal gestoor en bestuur word deur die Sanitêre Bestuurders, wat verantwoordelik is vir die uitreik van pakkies aan behoeftige dogters in skole.
Die Sanitêre bestuurders by die verskeie skole is as volg:
Sederberg Primêre Skool – Juffrou Jesvida Steenkamp, Juffrou Charnelle Mckenzie
Clanwilliam Sekondêre Skool – Juffrou Vèandrè Arendse, Juffrou Christlen Snygans
Raadslid Maxwell Heins, Stigter van “The Sanitary Project”, se hoop vir die projek is om dit `n volhoubare projek te maak wat binne die Cederberg Streek sal versprei.
Die Sanitêre Projek wil ook hul dank uitspreek teenoor almal wat tot dusver skenkings aan die projek gemaak het.
Last published 09 October 2020