KENNISGEWING: 97/2023
VOORGESTELDE HERSONERING EN VERGUNNINGSGEBRUIK: ERF 327 CLANWILLIAM
Kennis geskied hiermee ooreenkomstig Artikel 45 van die Cederberg Munisipaliteit Verordening op Munisipale Grondgebruikbeplanning (PK 8062 van 15 Maart 2019) dat 'n aansoek ontvang is vir die voorgestelde Hersonering en Vergunningsgebruik op Erf 327 Clanwilliam. Die aansoek is beskikbaar vir besigtiging vanaf Maandag tot Donderdag tussen die ure van 08:00 en 15:00 en Vrydag tussen die ure van 08:00 en 14:00 by die Tegniesedienste, Stadsbeplanning en Boubeheer Departement, Voortrekkerstraat 2A, Clanwilliam. Enige besware en/of kommentare kan voor of op 9 Oktober 2023 skriftelik by die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X2, Clanwilliam, 8135 ingedien word, in ooreenstemming met Artikel 50 van die betrokke Verordening, met vermelding van u naam, adres of kontakbesonderhede, belangstelling in die aansoek en redes vir kommentaar. Telefoniese navrae kan gerig word aan Mnr A Neethling by 027 482 8000 gedurende bogenoemde dae en ure. Die Munisipaliteit mag weier om besware en/of kommentare wat na voormelde sluitingsdatum ontvang is te aanvaar. Enige persoon wat nie kan skryf nie, sal deur ’n munisipale amptenaar bygestaan word om hul kommentaar op skrif te stel.
Applikant | :CK Rumboll en Vennote, Tel no. 022 482 1845, E-pos planning1@rumboll.co.za of reception@rumboll.co.za |
Eienaar | : BJ Smit |
Eiendomsbeskrywing | : Erf 327 Clanwilliam |
Fisiese Adres
|
: Voortrekker Straat 4 |
Verwysingsnommer | : 13295/MH |
Beskrywing van aansoek |
|
GF MATTHYSE
MUNISIPALE BESTUURDER Munisipale Kantoor Voortrekker Straat 2A CLANWILLIAM 8135 |