KENNISGEWING: 250/2024
2024/2025 FINANSIËLE JAAR
AANSUIWERINGSBEGROTING: NOVEMBER 2024
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 28(2)(e) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No.56 van 2003) en Artikel 23 van die Munisipale Begrotings en Verslagdoening Regulasies 2008 onderskeidelik, dat die Aansuiweringsbegroting goedgekeur is tydens die Spesiale Raadsvergadering van 11 November 2024.
Ingevolge Artikel 21A van die Munisipale Stelsels Wet, 2000 (Wet No. 32 van 2000), gee Cederberg Munisipaliteit hiermee kennis aan die plaaslike gemeenskap dat die raadsbesluit, en alle ander tersaaklike dokumentasie, beskikbaar is vir besigtiging gedurende kantoor ure by die munisipale kantore en biblioteke in Clanwilliam, Citrusdal, Graafwater, Lambertsbaai en Elandsbaai. Die gemelde dokumentasie sal ook beskikbaar wees op die webwerf van die Munisipaliteit: www.cederbergmunicipality.gov.za.
Navrae in hierdie verband kan gerig word aan die Hoof Finansiële Beampte, Mnr J Booysen by (027) 482 8000.
MNR R DE RIDDER
WNDE. MUNISIPALE BESTUURDER
Last published 22 November 2024