KENNISGEWING: 11/2025
2023/24 JAARVERSLAG: VERSOEK VIR INSETTE EN KOMMENTAAR
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 21(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels Wet, 2000 (Wet no. 32 van 2000) en Artikel 127(5)(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet no. 56 van 2003), dat die Jaarverslag ten opsigte van die 2023/24 finansiële jaar voorgelê is vir publieke kommentaar en insette.
Die Jaarverslag is beskikbaar vir besigtiging gedurende kantoor ure by die munisipale kantore en biblioteke in Clanwilliam, Citrusdal, Graafwater, Lambertsbaai en Elandsbaai. Die gemelde dokumentasie sal ook beskikbaar wees op die webwerf van die Munisipaliteit: www.cederbergmun.gov.za.
Die publiek word hiermee uitgenooi om nie later as Vrydag, 28 Februarie 2025 om 15h00 skriftelike kommentaar of vertoë met betrekking tot die jaarverslag in te dien by:
Die Munisipale Bestuurder
Cederberg Munisipaliteit
Privaatsak X2
Clanwilliam
8135
Navrae in hierdie verband kan gerig word aan die Mnr Dmitri Frantz by (027) 482 8000.
Persone wie nie kan lees of skryf nie word versoek om die munisipale kantore te besoek soos bovermeld vir hulpverlening om u kommentaar of vertoë op skrif te stel.
Last published 04 February 2025