KENNISGEWING 168/2026
CEDERBERG MUNISIPALITEIT: OPSTEL VAN DIE MUNISIPALE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (MROR)
REGISTRASIE AS BELANGHEBBENDE EN GEAFFEKTEERDE PARTYE
Die doel van hierdie kennisgewing is om die publiek in kennis te stel van Cederberg Munisipaliteit se voorneme om ’n vyfjaar Munisipale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (MROR) op te stel ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000), die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2013 (Wet 16 van 2013), die Wes-Kaapse Wet op Grondgebruikbeplanning, 2014 (Wet 3 van 2014) en die Cederberg Munisipaliteit: Verordening op Munisipale Grondgebruikbeplanning (Provinsiale Koerant 8062 van Vrydag, 15 Maart 2019).
Die proses wat gevolg sal word vir die opstel van die MROR sal geskied in ooreenstemming met Artikels 28(3) en 29 van die Wet op Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000).
Geïdentifiseerde belanghebbendes sal uitgenooi word om te registreer en kommentaar te lewer op die Konsep Munisipale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk.
Lede van die gemeenskap van Cederberg Munisipaliteit en ander belanghebbendes wat as Geïnteresseerde en Geaffekteerde Partye geregistreer wil word, word hiermee uitgenooi om hul kontakbesonderhede aan Mnr. A. Neethling te verskaf per e-pos by landuse@cederberg.gov.za of telefonies op 027 482 8000.
GF Matthyse
Munisipale Bestuurder
Cederberg Munisipaliteit
Voortrekkerweg 2A
Clanwilliam
Last published 26 June 2026