KENNISGEWING: 148/2026
GOEDGEKEURDE 2026/2027 FINALE JAARLIKSE BEGROTING, FINALE GEWYSIGDE VYFDE (5DE) GENERASIE GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) 2026/2027 EN 2026/2027 KONSEP TOPVLAK DIENSLEWERING EN BEGROTING IMPLEMENTERINGSPLAN
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 22(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en Artikel 18 van die Munisipale Begrotings en Verslagdoening Regulasies 2008 onderskeidelik, dat die Finale Jaarlikse Begroting vir 2026/2027 goedgekeur is gedurende die Raadsvergadering van 28 Mei 2026.
Kennis geskied ook hiermee ingevolge Artikel 25(4) van die Munisipale Stelsels Wet 2000 (Wet No. 32 van 2000) dat die Finale Gewysigde Vyfde GOP vir 2026/2027 aangeneem is gedurende die Raadsvergadering van 28 Mei 2026.
Verdere kennis word hiermee gegee ingevolge Hoofstuk 6 van die Munisipale Stelsels Wet 2000 (Wet No.32 van 2000) en Hoofstuk 7, Artikel 53 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) dat die Raad kennis geneem het van die 2026/2027 Konsep Topvlak Dienslewering en Begroting Implementeringsplan gedurende die Raadsvergadering van 28 Mei 2026. Die Uitvoerende Burgemeester sal die 2026/2027 Konsep Topvlak Dienslewering en Begroting Implementeringsplan goedkeur ingevolge Hoofstuk 7, Artikel 53 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003).
Die Raadsbesluit, en alle ander tersaaklike dokumentasie, is beskikbaar gedurende kantoor ure by die munisipale kantore en biblioteke in Clanwilliam, Citrusdal, Graafwater, Lambertsbaai en Elandsbaai. Die gemelde dokumentasie sal ook beskikbaar wees op die webwerf van die Munisipaliteit: www.cederbergmun.gov.za.
Last published 04 June 2026