KENNISGEWING: 47/2026
UITNODIGING OM PUBLIEKE INSETTE IN TE DIEN OOR CEDERBERG MUNISIPALITEIT SE 2026/2027 KONSEP ELEKTRISITEITSTARIEWE
Ingevolge die AFRIFORUM NPC-hofuitsprake van 04 Desember 2025 en 20 Februarie 2026, moet munisipaliteite hul 2026/2027 elektrisiteitstarief aansoek teen nie later nie as 30 Maart 2026 indien.
Alle munisipale elektrisiteitsverbruikers in die Cederberg munisipale area word hiermee uitgenooi om insette oor die 2026/2027 Konsep Elektrisiteitstariewe te stuur na admin@cederberg.gov.za teen nie later as Vrydag, 20 Maart 2026.
Die 2026/2027 Konsep Elektrisiteitstariewe is beskikbaar gedurende kantoor ure by die munisipale kantore en biblioteke in Clanwilliam, Citrusdal, Graafwater, Lambertsbaai en Elandsbaai. Die tariewe is ook beskikbaar op die webwerf van die Munisipaliteit: www.cederbergmun.gov.za.
Last published 03 March 2026