CEDERBERG MUNISIPALITEIT KENNISGEWING: LANG TERMYN BESTUURS HUUROOREENKOMS: SANDVELD PERDEKLUB ERF 168 LAMBERTSBAAI KENNISGEWING NOMMER: 179/2025 Kennis word hiermee gegee in terme van Artikel 16(1)(a) van die “Local Goverment: Municipal Systems Act, 2000”. In terme van Art 16(1)(a)(v), word die Munisipaliteit verplig om die plaaslike gemeenskap in kennis te stel van strategiese besluite met betrekking tot die lewering van munisipale dienste in terme van Hoostuk 8, (b) bydrae tot die opbou van kapasiteit van - (i) die plaaslike gemeenskap om hulle in staat te stel om deel te neem in die bedrywighede van die munisipaliteit; (ii) raadslede en amptenare om gemeenskap deelname te bevorder; Die Munisipaliteit rig hiermee ’n uitnodiging aan alle belanghebbende partye om kommentaar te lewer op die besluit om ’n lang termyn bestuurs huurooreenkoms te ondergaan met Sandveld Perdeklub ERF 168 Lambertsbaai. Enige voorstelle en insette wat gelewer word sal oorweeg word alvorens dit finaal deur die Raad van die Cederberg Munisipaliteit goedgekeur word. Skriftelike kommentaar in hierdie verband, indien enige, moet nie later nie as Maandag, 29 September 2025 by onderstaande adres ingedien word. (vir aandag Mnr C. Sheldon). Persone wat nie kan skryf nie kan hulle insette mondelings, by die munisipale kantoor doen, waar ‘n amptenaar behulpsaam sal wees om die kommentaar af te skryf. Enige navrae kan gerig word aan Mnr C Sheldon by 027 482 8000 of craigs@cederberg.gov.za
G MATTHYSE Munisipale Kantore, 2A Voortrekker Straat Privaat Sak X2, Clanwilliam, 8135 Tel: (027) 482 8000 Epos:records@cederbergraad.co.za MUNISIPALE BESTUURDER G MATTHYSE |