Herstel lekkende krane onmiddellik en vervang stukkende wassers by krane om water te bespaar. Stadig druppende kraan vermors 30 liter water per dag. Maak gereeld seker dat daar geen waterlekkasies is nie. Meld dit onmiddellik by die Munisipaliteit aan.
Moenie die kraan oop los terwyl u tande borsel, skeer of hande was nie, aangesien meer as 5 liter water elke minuut op hierdie manier verlore gaan. Gebruik eerder `n glas met water om u mond te spoel wanneer u tande borsel. Draai die kraan toe of sit die prop in die wasbak om water te bespaar.
`n Wasmasjien gebruik meer as 100 liter water. Was net wasgoed indien nodig en wanneer daar `n hele vrag is om te was. Dit sal u watergebruik aansienlik verminder.
Dit is beter om te stort as om te bad. `n Bad water gebruik 200 liter water terwyl stort die watergebruik met 66% verminder. Indien u stort , maak net die kraan oop om u te was en aft e spoel. Een persoon wat elke dag vir vyf minute onder die stort spandeer, gebruik meer as 20 000 liter water per jaar. Plaas `n emmer in die stort om druppende water op te vang en gebruik die water om potplante of die tuin nat te maak.
Gebruik `n besem om u stoepe en oprylaan skoon te vee eerder as om dit met `n tuinslang skoon te spuit.
Last published 09 February 2018