KENNISGEWING: 07/2024:
2022/2023 JAARVERSLAG: VERSOEK VIR INSETTE EN KOMMENTAAR
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 21(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels Wet, 2000 (Wet no. 32 van 2000) en Artikel 127(5)(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet no. 56 van 2003), dat die Jaarverslag ten opsigte van die 2022/2023 finansiële jaat voorgelê is vir publieke kommentaar en insette.
Die jaarverslag is beskikbaar vir besigtiging gedurende kantoor ure by die munisipale kantore en biblioteke in Clanwilliam, Citrusdal, Graafwater, Lambertsbaai en Elandsbaai. DIe gemelde dokumentasie sal ook beskikbaar wees op die webwerf van die munisipaliteit: www.cederbergmun.gov.za.
Die publiek word hiermee uitgenooi om nie later as Vrydag, 08 Maart 2024 om 15H00 skriftelike kommentaar of vertoë met betrekking tot die jaarversalg in te dien by:
Die Munisipale Bestuurder
Cederberg Munisipaliteit
Privaatsak x2
Clanwilliam
8135
Navrae in hierdie verband kan gerig word aan Mnr Dmitri Frantz by (027) 482 8000.
Persone wie nie kan lees of skryf nie word versoek om die munisipale kantore te besoek soos bovermeld vir hulpverlening om u kommentaar of vertoë op skrif te stel.
Mnr G Matthyse
Munisipale Bestuurder
Last published 05 February 2024