BELANGRIKE KENNISGEWING: 10/1/2/1
IMPLEMENTERING VAN JAARLIKSE TARIEF VERHOGINGS
Geagte inwoners,
Neem asseblief kennis dat ingevolge Artikel 24(2)(c)(i en iii) van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, 56 van 2003, die Munisipaliteit, saam met die jaarlikse begroting, munisipale belasting en tariewe vir die nuwe begrotingsjaar moet goedkeur.
NERSA het goedkeuring verleen vir die implementering van nuwe elektrisiteitstariewe vir die 2024/2025 finansiële jaar. Elektrisiteitstariewe word dienooreenkomstig geïmplementeer en verhoog.
Alle ander munisipale dienste asook eiendomsbelasting is onderhewing aan jaarlikse tarief verhogings.
Navrae kan gerig word aan die Waarnemende Hoof Finansiële Beampte (Me L. September) of Bestuurder Inkomste (Me E. Visser) by (027) 482 8000.
MNR G MATTHYSE
MUNISIPALE BESTUURDER
10 JULIE 2024
Last published 10 July 2024