OPENBARE KENNISGEWING/ 337/2025
FINALE INDIENING VAN BOUPLANNE VIR 2025
Die Cederberg Munisipaliteit gee hiermee kennis aan alle
argitekte, tekenaars, ontwikkelaars en lede van die publiek dat
die finale datum vir die indiening van bouplanne vir die 2025
kalenderjaar Vrydag, 28 November 2025 om 12:00nm sal
wees.
Hierdie spertyd is nodig om die Boubeheerafdeling genoeg tyd
te gee om alle ingediende aansoeke te verwerk en af te handel
voor die Desember-resessieperiode.
Enige bouplanaansoeke wat ná 28 November 2025 ontvang
word, sal eers vanaf Maandag, 12 Januarie 2026 geregistreer
en verwerk word.
Versoeke vir bouinspeksies – insluitend aanvang,
slootuitgrawing, sloping, dreinering, brand en voltooiing – sal
Vrydag, 12 Desember 2025 om 12:00nm sluit.
Amptelike versoeke vir Bewoonbaarheids- of
Voltooiingsertifikate wat ná Vrydag, 28 November 2025 om
15:00 ontvang word, sal eers vanaf Maandag, 12 Januarie
2026 verwerk en afgehandel word.
Kontak gerus die Boubeheer Afdeling indien u verdere navrae
het (027 482 8000) / nolant@cederberg.gov.za
Die samewerking van alle partye om hierdie spertye na te
kom, word waardeer.
Last published 14 November 2025