KENNISGEWING: MAAND TO MAAND HUUROOREENKOMS: GEDEELTE VAN DIE MEENTGROND VAN ERF 168, LAMBERTSBAAI
KENNISGEWING NOMMER: 54/2026
Kennis word hiermee gegee in terme van Artikel 16(1)(a) van die “Local Goverment: Municipal Systems Act, 2000”.
In terme van Art 16(1)(a)(v), word die Munisipaliteit verplig om die plaaslike gemeenskap in kennis te stel van strategiese besluite met betrekking tot die lewering van munisipale dienste in terme van Hoostuk 8,
(b) bydrae tot die opbou van kapasiteit van -
(i) die plaaslike gemeenskap om hulle in staat te stel om deel te neem in die bedrywighede van die munisipaliteit;
(ii) raadslede en amptenare om gemeenskap deelname te bevorder
Die Munisipaliteit rig hiermee ’n uitnodiging aan alle belanghebbende partye om kommentaar te lewer op die be sluit om ’n maand tot maand huurooreenkoms te sluit met Lambertsbaai Vissers Primêre Korporasie Bpk, St Markstraat 29, Lambertsbaai vir die verwerking van bamboes. Enige voorstelle en insette wat gelewer word sal oorweeg word alvorens dit deur Cederberg Munisipaliteit goedgekeur word.
Skriftelike kommentaar in hierdie verband, indien enige, moet nie later nie as Donderdag, 09 April 2026 by onderstaande adres ingedien word. (vir aandag: Die Munisipale Bestuurder).
Persone wat nie kan skryf nie kan hulle insette mondelings, by die munisipale kantoor doen, waar ‘n amptenaar behulpsaam sal wees om die kommentaar af te skryf. Enige navrae kan gerig word aan Mnr C Sheldon by 027 482 8000 of craigs@cederberg.gov.za
Munisipale Kantore
Privaat Sak X2
Tel: (027) 482 8000
Clanwilliam, 8135 Epos:records@cederbergraad.co.za
Last published 12 March 2026